SKOOLGESKIEDENIS / SCHOOL HISTORY

1975

Op 12 Mei, word WHde Klerkskool begin met drie onderwysers nl: Mnr AE Lancaster as waarnemende hoof, en twee assistente, Me MR Coetzee en Me EL Meyer. Die skool begin met die geboue van die "Onderwys Hulpsentrum" - tans die kantore van die MOD


Op 13 Mei, word 83 leerders ingeskryf by WH de Klerkskool. Die skool sluit daardie jaar met 41 dogters en 66 seuns. Personeel bestaan uit sewe skolastiese-, twee insrukteur-onderwysers en twee administratiewe personeel

1976

Op 7 Januarie, open die skool met 95 ou leerders en 90 nuwe leerders, 'n totaal van 185. Die skool se eerste hoofseun Christiaan Broodryk en hoofmeisie Rene Waltons word verkies.


Op 17 Februarie, tydens die eerste Adviesraadsvergadering, word Ds. TA Liebendberg as voorsitter verkies en beklee hierdie amp tot Maart 1995.


Mnr PW Brewis word op 11 Mei as permanente hoof van WH de Klerkskool aangestel.

1984

Op 6 Februarie, word die nuwe skoolgeboue betrek en met hulp van die gemeenskap uitgebrei en verfraai tot 'n trots van die omgewing. Leerders plant self die gras op die sportvelde en grawe gate vir die plant van inheemse bome.

1989

Op 15 September word 406 bome op die terrein geplant.

1994

Op 1 Januarie, word Mnr SF Robinson aangestel as nuwe hoof na die aftrede van Mnr PW Brewis. Gedurende die tydperk vanaf 1994 vind verskeie veranderinge plaas.

2006

As gevolg van stygende leerdergetalle word daar twee nuwe senssentrums gebou nl Elektrisënswerk en Sweis. Nuwe toilette word ook by die spotvelde gebou, asook 'n snoepie.

2012

Gedurende Oktober, word 'n behuisingsprojek vir die skool deur die beheerliggaam goedgekeur.

2014

Na 35 jaar in die onderwys, en 20 jaar as hoof van WH de Klerkskool tree Mnr SF Robinson af as hoof op 31 Desember. Die groei van 83 leerder in 1975 to 645 leerders en 48 onderwysposte. Gedurende die tydperk het Mnr Robinson die leuse van die skool "Wat ek het, gee ek" as persoon vir die skool uitgeleef.


Vier meenthuise word aan die einde van 2014 en die begin van 2015 gebou.

2015

Mnr CH Rootman word as derde hoof van WH de Klerkskool aangestel. Die skool beweeg in die jaar van 'n reëlgedrewe van 'n waardegdrewe skool met die ondersteuning van die personeel, leerders en ouergemeenskap. Die jaar word gekenmerk deur die behou van vaste waardes maar ook die ontvou van nuwe waardes.


Kernwaardes word die jaar geïdentifiseer om bestaande waardes aan te vul en sodoende die voetspore te vold na 'n waardegedrewe skool

2015 - 2018

Vanaf 2015 tot 2018 word daar elke jaar op 'n waarde gefokus. In 2015 word daar op die waarde "Omgee" gefokus, in 2016, die waarde "Verantwoordelikheid", 2017 die waarde "Betroubaarheid" en in 2018 die waarde "Regverdigheid"

2018

Die jaar 2018 is die being van 'n nuwe fase in LSOB-onderwys. Die nuwe Tegnies Beroepsgerigte kurrikulum word in ons skool aangebied. Nuwe vakke word tot die kurrikulum gevoeg: Kreatiewe kuns en Vroeë Kinderontwikkeling.

Nuwe klaskamers word wir beroepsgerigte vakke vir die seuns word gebou, asook 'n rekenaarsentrum om die vak "ICT" aan te bied. Die kombuis vir voedselproduksie word opgegradeer en daar word ook 'n klaskamer vir die vak gebou. Met die van Vroë Kinderontwikkeling word twee onderriglokale vir die junior en senior fase gebou.