Tegnies Beroepsgerigte Kurrikulum
Die doel van die TBK is om die grondslag te lê vir kwaliteit, gestandardiseerde, onderwys, wat die belangstelling en aanleg van elke leerder aanspreek. Sodoende word hulle toegerus tot toegang tot spesifieke werksgeleenthede, of 'n ambagsgerigte werkplek, waar hulle indiensopleiding ontvang. Dit mag hulle ook in staat stel om 'n kwalifikasie by 'n TVET te verwerf.
Die uitsluitlike doel, is om slegs in die beste belang van die leerder se toekoms te handel.
Die profiel van 'n leerder wat by ons skool toelating mag kry:
Leerders word ge-assesseer deur 'n omvattende evalueringsproses, soos deur die Departement van Basiese Onderwys saamgestel, wat belangstelling en aanleg in die praktiese vaardigheidsopleiding sal bepaal.
Nuwe leerders word, nadat hulle plasingstoetse geskryf het, in Oriëntering 1, 2 of Jaar 1 geplaas (ouderdom 13-15 jaar) met inagneming of daar plek in die skool is.
Tydsduur van skoolloopbaan:
Oriënteringsfase 1 - 12/13 Jaar
Oriënteringsfase 2 - 13/14 Jaar
Jaar 1 - 14/15 Jaar
Jaar 2 - 16 Jaar
Jaar 3 - 17 Jaar
Jaar 4 - 18 Jaar
Skolastiese Vakke:
Afrikaans
Engels
Wiskunde
Lewensvaardighede:
- Persoonlike en Sosiale Welstand
- Natuurwetenskappe
- Liggaamlike Opvoeding
- Kreatiewe Kuns
Beroepsgerigte vakke:
Dogters:
Persoonlike sorg: Haarkappery (Jaar 1-4)
Verbruikerstudies: Voedselproduksie (Jaar 1-4)
Vroeë Kinderontwikkeling (Jaar 1-4)
Informasie en Kommunikasie Tegnologie (Jaar 1-4)
Tydens Jaar 1 volg al die dogters al drie die beroepsgerigte vakke. Die TBK bepaal egter dat dogters vanaf Jaar 2 slegs een beroepsgerigte vak moet kies waarin hulle tot en met Jaar 4 sal spesialiseer, mits hulle aan die slaagvereistes voldoen.
Seuns:
Informasie en Kommunikasie Tegnologie (Jaar 1-4)
Meganiese Tegnologie (Jaar 1-4)
- Motorwerktuigkunde
- Sweiswerk
Siviele Tegnologie (Jaar 1-4)
- Loodgieterswerk
- Houtwerk en Skrynwerk
Elektriese Tegnologie (Jaar 1-4)
Instandhouding (Jaar 1-4)
Tydens Jaar 1 volg seuns slegs drie van die beroepsgerigte vakke (volgens keuse). Die TBK bepaal dat hulle vanaf Jaar 2 slegs een beroepsgerigte vak moet kies waarin hulle tot en met Jaar 4 sal spesialiseer, mits hulle aan die die slaagvereistes voldoen.
NB: Oorpakke is verpligtend in al die werkswinkels en moet self aangekoop word